Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Widget HTML #1

(Download) "So-Hede Wat die Tong Uit die Mond Jaag Agter Benoeming Aan, Elke Keer Weer, Tot in Ewigheid: Marlene van Niekerk Oor Haar Skryfwerk (Interview)" by Journal of Literary Studies # Book PDF Kindle ePub Free

So-Hede Wat die Tong Uit die Mond Jaag Agter Benoeming Aan, Elke Keer Weer, Tot in Ewigheid: Marlene van Niekerk Oor Haar Skryfwerk (Interview)

๐Ÿ“˜ Read Now     ๐Ÿ“ฅ Download


eBook details

  • Title: So-Hede Wat die Tong Uit die Mond Jaag Agter Benoeming Aan, Elke Keer Weer, Tot in Ewigheid: Marlene van Niekerk Oor Haar Skryfwerk (Interview)
  • Author : Journal of Literary Studies
  • Release Date : January 01, 2009
  • Genre: Language Arts & Disciplines,Books,Professional & Technical,Education,
  • Pages : * pages
  • Size : 78 KB

Description

Willie Burger: Milan Kundera is liefdaarvoor om te skryf, n.a.v. Bloeh, dat die roman moet ontdek wat slegs die roman kan ontdek. Die roman moet dus volgens hierdie beskouing nie 'n ondersoek van idees wees op dieselfde manier as filosofie nie. Jy kon die keuse maak oto 'n D in filosofie te skryf of 'n roman. Jy het (dankie tog!) die roman gekies. Wat dink jy kan jy deur die roman doen wat jy nie met filosofie sou kon doen nie? Marlene van Niekerk: In die eerste plek dink ek dat ek die skryf van 'n roman bo die skryf van filosofie kies omdat ek myself beter kan verras daarmee. Ek wil verras word. Die filosofietjies wat bokant Triomfhang, net soos die psigologietjies wat bokant Agaat hang is geblaas soos ou gloeilampies. As ek hierdie ideetjies in die instrumentele taal van die filosofie of die diskoers van psigologie sou moes opskryf, sou almal gaap en weggaan en se: Ag nee wat, kom ons vier die nag, kom ons steek kerse op en bedryf die liefde. Fiksielesers hou van die nag. Gelukkig is daar filosowe soos Cioran en Kierkegaard (+"diacritics") wat nagfilosfie skryf. Wat die pret, en soms verrukking, en soms iets soos "geluk" verskaf vir my as skrywer is om konkretiserings en dramatiserings van idees te versin en hulle dan half toeoe agter my eie rug in werking te probeer stel, "weird" klein masjientjies wat huile eie sout maal. Die konkretiserings (soos die Benades se huis wat raas en blaas en uitmekaarval in Triomf) en dramatiserings (soos die toneel waar Lambert die Superbee skilder) moet nie alleen die sogenaamde idees beliggaam nie, maar moet ook die karakterontwikkeling en die handelingsverloop en die ruimtebeelding "dien". Sodra hierdie meganismes van konkretisering en dramatisering so verselfstandig begin raak dat ekself in HULLE diens moet tree, dus agter HULLE begin aanskryf om te sien wat volgende gaan gebeur, dan is ek myns insiens op die regte spoor. Nie dat 'n mens nie uiteindelik moet kies tussen verskillende moontlikhede wat sigself aanbied tydens die skryf nie. So daar is 'n formele struktureringswerk wat moet plaasvind wat mens met die "kliewende dagbewussyn" moet doen. Ek is dikwels as ek skryf bewus daarvan dat ek in die verskillende ritmes en teksture van die dag en die nag meedein, of miskien verbeel ek my dit maar in 'n aanval van grandiositeit! Maar dis 'n troostende gedagte, die daglewe is die uitputtingslag, die nag is die tyd om jou in die afgronde te verdool. Soos in daardie lied van Brahms: "Uber mein Bett erhebt sich ein Baum"; die boom waarin, by ons weliswaar nie die nagtegale nie, maar die tarentale, die dolle tarentale, deurnag louter liefde roep!


Download Free Books "So-Hede Wat die Tong Uit die Mond Jaag Agter Benoeming Aan, Elke Keer Weer, Tot in Ewigheid: Marlene van Niekerk Oor Haar Skryfwerk (Interview)" PDF ePub Kindle